Goeie nuus 14:00
BULLETIN 10 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die sewende aanbieding van een van Suid-Afrika se voorste fliekgeleenthede, die Johannesburgse rolprentfees, vind van môre tot Sondag in Sandton plaas. Vanjaar se geleentheid met die tema, Die goue draad – deur stories aaneengeskakel, erken dat stories van die waardevolste skatte is, wat gedeelde menslikheid en kollektiewe wysheid in die kollig plaas. Die fees se uitvoerende direkteur, Timothy Mangwedi, het aan Newzroom Afrika gesê meer as 100 prente sal vertoon word, insluitend 28 Afrika- en 12 wêreld-premières:
# Die Suid-Afrikaanse beeldhouer en skilder, James Delaney, sê meer metaalbeelde is nodig om openbare parke aantrekliker te maak. Die 53-jarige beeldhouer het die afgelope dekade meer as 100 beeldhouwerke vir The Wilds Park in Johannesburg gemaak. Dit sluit ‘n treffende rooi staalkoedoe, stensel-uile en ʼn pienk kameelperd in. Hy het sy werk ook in Londen, Parys en New York uitgestal. Delaney sê openbare kuns weerspieël Suid-Afrika se voortgesette versoeningsreis:
# Die akteur Pierce Brosnan sê dit is voor die hand-liggend dat die volgende James Bond Brits behoort te wees. Die voormalige Bond het ook aan Sunday Telegraph gesê dit was die regte besluit vir die konsessie om skeppende beheer te oorhandig aan Amazon. Die keuse van Daniel Craig se opvolger sal deur Amazon MGM Studios bepaal word. Die laaste fliek in die konsessie, No Time To Die in 2021, was Craig se laaste. Brosnan was die ster in vier Bond-rolprente, van 1995 se GoldenEye tot Die Another Day van 2002.
# Warner Brothers se wetenskapsfiksie-fliek Mickey 17 deur Bong Joon-ho is met uitreiking bo-aan die Noord-Amerikaanse loket. Die fliek, met Robert Pattinson, handel oor ‘n man wat diep in die skuld by ‘n ekspedisie na die buitenste ruim aansluit as ‘n strooipop-karakter wat verskeie kere sterf. Disney en Marvel se Captain America: Brave New World het in die tweede plek ingeskuif ná drie weke op nommer een, terwyl Last Breath derde is. Neon se riller The Monkey en Sony se Paddington in Peru is vierde en vyfde.
# En ten slotte: ietsry: Byna 28-duisend deelnemers het deelgenaam aan gister se 47ste Kaapstadse fietstoer. In die mans se elite-afdeling het die 21-jarige Suid-Afrikaner Tyler Lange koning gekraai terwyl Pia Grünewald van Duitsland met ʼn gemaklike voorsprong die vrouetitel gewen het. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, wat saam met sy vrou deelgeneem het, sê dit was ʼn wonderlike geleentheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….