Goeie Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsels gaan dié week ‘n program van 13 episodes met die titel Citizens Connect bekendstel wat deur adverteerders befonds is. Dié maatskaplike werklikheidsprogram het regeringsinhoud, praktiese voorstellings en gesprekke oor geslagsgeweld, vrouemoorde, teen-korrupsie en die regering se Plan vir Ekonomiese Herstel en Heropbou. Die departement sê die regering is daartoe verbind om ‘n wye gehoor te bereik en inhoud met sterk trefkrag te lewer.
# Die Stad Tshwane het 49 sinkgate geïdentifiseer wat so gou moontlik herstel moet word. Die herstelkoste kan meer as 20-miljoen rand elk beloop en die hestelproses kan tot nege maande duur. Die stad sê meer as die helfte van die sinkgate word toegeskryf aan water- en riool-lekkasies. Hy sê hy gee voorkeur aan die sinkgate en beplan die herstelwerk só om die minste moontlike gevaar, skade aan die infrastruktuur, verlies aan sake-bedrywighede te veroorsaak en om toenemende misdaad ook te probeer beperk.
# ActionSA in die Wes-Kaap het die Stad Kaapstad se langverwagte verbintenis verwelkom om behandelingsprosesse in te stel vir rioolstorting in die see. Die stad het heeltyd ontken hy pomp meer riool in die see by Houtbaai as wat toegelaat word. Die permit om riool deur hierdie seestortingspunt te laat uitloop, is in 2019 toegestaan. Michelle Wasserman van ActionSA sê die stad het meer as een-miljard-liter riool deur die Houtbaaise uitloop gestort:
# Sommige Suid-Afrikaanse ouers ondersoek ‘n ongewone manier van onderrig wat “ontskoling” genoem word. Dit beteken kinders word nie beperk tot tradisionele klaskamers, vakke, skoolkwartale of assessering nie. Die Reimagined Learning Community beywer hom vir ʼn meer buigsame en kindgesentreerde benadering tot onderwys. Die stigter, Chevanni Davids, het aan Newzroom Afrika gesê ouers word al meer aangetrek na ontskoling-onderwysmodelle om aan hulle kinders se unieke leerbehoeftes te voldoen:
# En laastens: Die lokettreffers Barbie en Oppenheimer oes steeds die louere in in talle toekenningskategorieë. Die Tweede Wêreldoorlog-drama Oppenheimer het agt toekennings gewen op die 29ste jaarlikse Critics Choice-toekennings. Dit sluit in Beste Rolprent, Beste Ondersteunende Akteur vir Robert Downey Junior, en Beste Vervaardiger vir Christopher Nolan. Barbie het ses toekennings ontvang, onder andere vir Beste Komedie. In die televisie-kategorieë het Hulu se gewilde reeks, The Bear, en Netflix se beperkte reeks wat deur padwoede geïnspireer is, Beef, met vier toekennings weggestap, en HBO se komedie-drama, Succession, met drie. Harrison Ford is vereer met die loopbaan-toekenning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….