Goeie Nuus 14:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 November 2 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, gaan ‘n ooreenkoms met Google sluit waardeur die departement en die digitale platform op verskeie gebiede gaan saamwerk. Dit is in ooreenstemming met die departement se werk vir die bevordering van die gebruik van tegnologie om Suid-Afrika se toerisme-aanbod te bemark. Die departement sê die hoofdoel van die vennootskap is om Google se tegnologiese kundigheid aan te wend in sy pogings om die land as ‘n vooraanstaande toeristebestemming te bevorder. Die samewerkingsareas sluit in digitale vaardigheidsopleiding, en die bevordering van kultuur en erfenisplekke.
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur. Zizi Kodwa, het Suid-Afrikaners Trevor Noah, Tyla en Musa Keys gelukgewens met hul Grammy-benoemings. Die komediant en voormalige Daily Show-gasheer Noah is in die afdeling se beste komedie-album genomineer vir sy Netflix-program, I Wish You Would. Die een-en-twintigjarige Tyla is genomineer vir Beste Afrika Musiekuitvoering vir haar trefferliedjie Water, terwyl Keys ook in dieselfde kategorie genomineer is vir sy bydrae tot Davido se snit Unavailable. Kodwa sê die drie is groot ambassadeurs vir Suid-Afrika se kreatiewe kunstalent.
# Fame Week Africa is gereed om van 1 tot 7 September volgende jaar na Kaapstad terug te keer. Die geleentheid, gereël deur RX Africa, beloof ‘n viering van Afrika se talente in die rolprent-, televisie-, animasie- en musiek-wêreld, met die tema ‘Jou Afrika, jou storie’. Deelnemers kan insiggewende inhoudsvergaderings verwag deur die Cape Town International Animation Festival, Muziki Africa en MIP Africa en ‘n platform om te netwerk en idees voor te stel. Die After Dark Events en die Fame-kortfilmfees vier die lewendige wêreld van Afrika-flieks.
# Die Gautengse wetgewer se Inlywings-koördineringskomitee het besluit om die sluitingsdatum vir aansoeke vir inlywingskole tot volgende Vrydag uit te stel. Die hoofde van skole en inlywings-forums moet ‘n behoorlik voltooide en getekende aansoekvorm indien en alle bykomende inligting wat aangevra word, moet ten volle verstrek word. Die komitee se woordvoerder, Mluleki Ngomane, sê alle belanghebbendes moet die veiligheid van almal wat dit bywoon, verseker deur behoorlik geregistreerde inlywingskole te ondersteun:
Speel klankgreep: ENG MlulekionInitiation
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het Slangrivier-titelaktes en 177 sonkrag-geiserpanele oorhandig wat by die Railton-behuisingsprojek in Swellendam geïnstalleer moet word. Die behuisingsprojek sal 950 wooneenhede lewer, met 240 eenhede wat na verwagting voor Maart volgende jaar oorhandig sal word. Simmers sê, Railton is een van vyf projekte wat geloods gaan word om die uitwerking van die kragkrisis te verminder:
Speel klankgreep: AFR TertuisonSwellendam
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….