Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 3 September
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Universiteit van Kaapstad se Instituut vir Skeppende Kunste hou van môre tot Saterdag sy 2024 Lewende Kunste-fees op die Hiddingh-kampus in Tuine. Daar sal kunsvertonings wees deur bekende kunstenaars soos die doyen van vertoningskuns in Suid-Afrika, John Nankin, Jelili Atiku van Nigerië en die Mosambiekse danser en choreograaf Pak Ndjamena. Die instituut sê die fees fokus op die skepping van gesprekke en verhoudings wat samewerking oor kultuurgrense heen versterk.
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ‘n landwye leer- en luisterveldtog in Gqeberha in die Oos-Kaap van stapel gestuur. Die toer wil ‘n dieper begrip skep van die onderwyssektor, toegespits op die identifisering van unieke uitdagings, geleenthede en voorkeure waarmee elke provinsiale onderwyssektor te doen het. Sy het aan die SABC gesê veiligheid in skole is deurslaggewend na die toename in afpersingsgevalle:
# Die Universiteit van die Witwatersrand en die mynreus AngloGold Ashanti het die Wits AngloGold Ashanti Legacy-beurs bekendgestel. Die beurs van 87,5-miljoen-rand sal omvattende befondsing en ondersteuning bied aan studente uit benadeelde en landelike gesinne. Die visekanselier, Zeblon Vilakazi, sê die beurs is deel van ‘n groter belegging in erfenisprojekte in onderwys en landbou waarin AngloGold Ashanti oor die volgende vyf jaar gaan belê:
# Beanies for Beings het die Borg ʼn senior-geskenkpakveldtog vir die Kerstyd van stapel gestuur om vreugde te bring aan seniors en veiligheidspersoneel van die Tornadopark-sentrum vir bejaardes in Roodepoort, Gauteng. Mense, gesinne en sake-ondernemings word gevra om volledige geskenkpakke, of geld of artikels te skenk om geskenkpakke mee te vul. Studente kan gemeenskapsdiens-ure verdien deur ʼn volledige geskenkpak by te dra. Afsetpunte is by die Pre-primêre skool Wonderland, die Randridge-winkelsentrum en die Beanies for Beings-liefdadigheidswinkel. Die veldtog duur tot 30 November.
# En ten slotte: Drie rolprente wat op die 51ste Telluride-rolprentfees in Colorado, Amerika, vertoon is, word beskou as moontlike Oscar-wenners. Hulle is Sean Baker se Palme d’Or-wenner Anora, Jacques Audiard se Spaanstalige musiekblyspel Emilia Pérez, en Jason Reitman se donker komedie Saturday Night. Will Ferrell kan sy eerste Oscar-benoeming vir die dokumentêr, Will and Harper, losslaan. Nog ‘n rolprent wat indruk gemaak het op die fees, is Malcolm Washington se regisseursdebuut, The Piano Lesson. Die amptelike Oscar-benoemings sal op 17 Januarie aangekondig word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….