Goeie Nuus 14:00
BULLETIN 1 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Kaapstadse nie-winsgewende organisasie, Relate-armbande het ‘n beduidende mylpaal bereik deur een-miljoen-rand vir die Totsiens-malaria-veldtog in te samel. Die uitvoerende hoof, Dalit Shekel, beklemtoon dit as nog ‘n stap in die regte rigting van die stryd teen die siekte, en let op die verwoestende uitwerking van malaria, veral op Afrika-kinders onder vyf-jaar-oud. Shekel onderstreep die vasteland se buitensporige las, met 95-persent van wêreldwye malariagevalle en 96-persent van verwante sterftes wat in Afrika voorkom.
# Kaapstad se oudste gemeenskapsfees, die Wynbergse Gesinsfees word dié naweek weer in die Maynardville-park aangebied. Veskeie gewilde plaaslike kunstenaars sal optree, insluitend Jarrad Ricketts, Amy Jones, Mark Haze, Sons of Selassie, Berry Trytsman en DJ Ashton Parenzee. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê daar sal ook ‘n pretpark en kraampies met heerlike kos wees:
# Die Universiteit van Kaapstad se verteenwoordigende studenteraad sê hy gaan die Motsepe-stigting se skenking van een-miljoen-rand gebruik om internasionale studente te help. Die stigting het 30-miljoen-rand aan 26 Suid-Afrikaanse universiteite geskenk om te help met probleme soos registrasie, fooie en historiese skuld. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Elijah Moholola, sê hierdie skenking sal ʼn merkwaardige rol speel om aan almal toegang te gee tot tersiêre onderwys:
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid sê die doel met vlieëniers wat ware-lewe scenario-toetse t by die Algemene Lugvaart-ongeluk-verminderingseminaar in Gqeberha in die Oos-Kaap ondergaan het, was om hulle voor te berei op enige gebeurlikheid in die lug. Dit is daarop gemik om ongelukke in die minder-gereguleerde lugvaartbedryf binne vyf jaar aansienlik te verminder. Neil de Lange van die owerheid sê die program ontgin ware-lewe-situasies om oorsake van ongelukke uit te wys en besluitnemingsvaardighede op te skerp:
# En ten slotte: ‘n Professor aan die Universiteit van die Witwatersrand, Marcus Byrne, sê voor hulle paar, werk sommige miskruier-mannetjies en wyfies saam om hul broei-bolletjies na ‘n onbekende plek te skuif. Miskruiers is bekend daarvoor om die mis vir verskeie gebruike te versamel. Een hiervan word ‘n broei-bolletjie genoem, wanneer hulle ‘n eier in elke bal lê, nadat hulle dit begrawe het. Die bolletjie is dan ‘n voertuig wat die volwasse kewers gebruik om hul gene na die volgende generasie oor te dra.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….