EkoMinuut 13:30
BULLETIN 6 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Tshwane se Noodbestuursdienste sê hulle monitor steeds weerstoestande. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak-2-waarskuwing vir swaar donderstorms oor die grootste gedeelte van Gauteng vir vandag uitgereik het. Die EMS-woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die moontlikheid van reën in Tshwane is 60-persent, met die kanse vir reën wat na verwagting teen môre tot 30-persent sal afneem:
# Miljoene inwoners aan Australië se ooskus maak gereed vir die suidelikste sikloon in meer as vyf dekades. Tropiese sikloon Alfred sal na verwagting môre in die vroeë oggendure die kus suid van Queensland se hoofstad, Brisbane, tref. Inwoners het supermarkte van kos en gebottelde water gestroop, terwyl owerhede waarskuwings oor moontlike oorstromings uitgereik het. Strande in Nieu-Suid-Wallis en Queensland is gesluit, met golwe van hoër as vyf meter wat verwag word.
# En die wêreld se grootste vrysteller van kweekhuisgasse, China, beplan hernubare projekte om sy koolstofdioksied-vrystelling voor 2030 tot ‘n hoogtepunt te bring en teen 2060 koolstof-neutraal te wees. Die Nasionale Ontwikkelings- en Hervormingskommissie het nuwe windplase ter see en nuwe energiebasisse in woestyngebiede aangekondig. ʼn Omstrede hidrokrag-aanleg word ook op die Yarlung Tsangpo-rivier beplan. Alhoewel hy hernubare energie bevorder, sê China hy gaan voort om steenkoolproduksie te verhoog. Die land het sy koolstofverminderingsdoelwit van 3,4-persent vir 2023 misgeloop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….