Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Kenners sê die rekord-lae ysbedekking op die see in die Noordpoolgebied is ‘n teken van ʼn klimaatsveranderingkrisis. Arktiese see-ys beslaan tans 14,33-miljoen vierkante kilometer. Dit is die laagste sedert daar 47 jaar gelede met rekordhouding begin is. Julianne Stuva van die Nasionale Sneeu- en Ys-datasentrum sê die hoeveelheid ys op die Arktiese See sal steeds minder raak weens ʼn kombinasie van hoër temperature, warm seewater en die wind wat ys laat opbreek. Sy sê dit word alles aan die klimaatskrisis toegeskryf:
# Die Amasone-reënwoud ontaard in ‘n groot oliegrens, waarin byna 20-persent van die wêreldwye olie- en gasreserwes is wat sedert 2022 geïdentifiseer is. Hierdie uitbreiding bedreig die ekostelsel en inheemse gemeenskappe. Climate Home News berig meer as 80 oliegebiede oorvleuel met voorvaderlike grond en 38 is in beskermde gebiede. Lande soos Brasilië, Guyana en Ecuador gaan voort om fossielbrandstowwe te ontgin ondanks pogings om olie-bedrywighede te verminder, wat meer omgewingskade kan veroorsaak. Kenners waarsku die Amasone se toekoms word gekenmerk deur die konflik tussen ontwikkeling en bewaring.
# En ten slotte: Slowakye se regering het goedkeuring verleen vir die uitdunning van 350 bere weens die gevaar wat hulle vir mense inhou, maar bewaringsbewustes sê dis onwettig. Dit volg nadat bere verskeie mense aangeval het, terwyl die liggaam van ‘n man Sondag in die sentrale deel van die land gevind is nadat ‘n beer hom vermoedelik doodgemaak het. Eerste minister Robert Fico sê hulle kan nie in ‘n land bly waar mense bang is om na ‘n woud te gaan nie. Sy regering het ook ‘n noodtoestand afgekondig in die meeste distrikte weens die ongewenste teenwoordigheid van bere.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….