Ekominuut 13:30
BULLETIN 24 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sal die G20-werkgroep oor die omgewing en klimaat-volhoubaarheid lei as deel van Suid-Afrika se presidentskap van die G20. Die werkgroep se eerste virtuele vergadering vind môre plaas. George sê Suid-Afrika sal tydens sy presidentskap klem plaas op onder meer bioverskeidenheid en bewaring, grond-agteruitgang, die bestuur van chemiese en ander afval, klimaatsverandering en luggehalte, en die bestuur van oseane en kusgebiede:
Die departement het intussen die teenwoordigheid van die hoogsgevaarlike voëlgriep-virus, H5N1, op Marion-eiland suidoos van Kaapstad bevestig. Die eiland is die tuiste van byna die helfte van die wêreld se swerweralbatrosse en miljoene ander seevoëls. Minstens ses van die 31 voëlspesies op die eiland is met die dodelike virus besmet. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê kommer bestaan dat die virus ook see-soogdiere kan raak:
ENG PeterOnMarionIsland
# En ten slotte: Afval wat invloei in die riviere wat deur die Wieg van die Mensdom, noordwes van Johannesburg vloei, bedreig die ekonomie en die omgewing. Behandelde water van die Percy Stewart-watersuiweringsaanleg word in nabygeleë riviere en spruite uitgelaat. Die direkteur van die Vereniging vir die Wieg van die Mensdom-wêreld-erfenisgebied, Trevor Brough, het aan die SABC gesê onbehandelde- of gedeeltelik-behandelde riool vloei ook van die aanleg in die Blougatspruit in:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….