Ekominuut 12:30
BULLETIN 15 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê vlak vyf ontwrigtende reëntoestande word tot middernag vandag vanaf eThekwini tot by die suidkus verwag. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing oor swaar reënbuie uitgereik, wat daartoe kan lei dat sommige gebiede reënval van meer as 200-milimeter oor ‘n tydperk van 24 uur kan aanteken, wat kan lei tot plaaslike oorstromings:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê ‘n nasionale register van besoedelaars moet saam met ander ingrypingsmaatreëls gebruik word om doeltreffend te wees. Die departement se jongste poging om besoedeling van waterbronne te bekamp, is om ʼn register van besoedelaars op te stel. ʼn Woordvoerder van die departement, Anet Muir, sê mense moet aanspreeklik gehou word vir nalatigheid wat tot besoedeling in riviere lei:
# En ten slotte: ‘n Gemeenskapsprojek in Benoni aan die Gautengse Oos-Rand, Clean Projects, maak gereed om Saterdag ʼn afval-tot-kuns-uitstalling en -kompetisie aan te bied. Dis in aanloop tot komende Maandag se Aardedag. Die doel van die geleentheid is om herwinning en hergebruik aan te moedig en vernuwende oplossings te vind vir omgewingsuitdagings. Die geleentheid verwelkom skeppings wat van herwinde materiaal gemaak is, en daar is verskillende ouderdomskategorieë.