Ekominuut
BULLETIN 13 Maart 1.30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Ekominuut:
# Die Tuinroete-omgewingsforum is bekommerd oor wêreldwye gebeure wat steeds Suid-Afrika se klimaatsveranderingsprojekte raak. Hy verwag dat Amerika se onttrekking van die Verenigde Nasies se Klimaatsooreenkoms en befondsingsinkortings die uitdagings sal vererger en moontlik programme soos die Billike Energie-oordrag sal raak. Die forum vra Suid-Afrikaners om verantwoordelikheid te aanvaar vir beter omgewingsbestuur om ‘n beter lewensgehalte te skep vir almal wat op natuurlike infrastruktuur en hulpbronne staatmaak.
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het van ‘n oranje vlak 6-waarskuwing uitgereik vir dele van KwaZulu-Natal van vanaand. Gebiede wat geraak kan word is eThekwini, KwaDukuza, Mkhambathini, Ndwedwe, Ray Nkonyeni, Umdoni, uMuziwabantu en uMzumbe. Die woordvoerder van die eThekwini-munisipaliteit, Gugu Sisilana, sê rampbestuurspanne is op bystand:
# En ten slotte: ‘n Nuwe hoofweg met vier bane wat vir die COP30-klimaatsberaad in die Brasiliaanse stad Belém gebou word, loop deur tienduisende hektaar beskermde reënwoude in die Amasone. Dit is daarop gemik om verkeer na die stad te vergemaklik wanneer wêreldleiers en meer as 50-duisend mense die konferensie in November bywoon. Die Amasone speel ‘n uiters belangrike rol om koolsuurgas te absorbeer en bioverskeidenheid te voorsien. Kritici sê die ontbossing weerspreek juis die doel van die klimaatsberaad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….