Eko-minuut
BULLETIN 9 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê die metro beplan om ‘n eksperimentele sonkrag-straatligprojek van stapel te stuur in ‘n poging om die toename in kabeldiefstal te bekamp. Sonkrag-straatligte het bewys dit is ‘n koste-doeltreffende en volhoubare oplossing vir plaaslike owerhede en sake-ondernemings. Brink sê deur sonkrag in te span, is ‘n kabelnetwerk nie nodig nie en dit verminder kragrekenings aansienlik:
# Vrywilliger natuurliefhebbers by die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria het met ‘n projek begin om gereeld indringerplante te verwyder om die balans met inheemse flora te herstel. Hulle poog om spesies soos die huilboom uit te roei om inheemse plante en diere te beskerm. Die projek behels onder meer terugsnoei om die veld te herstel. Die projekkoördineerder, Alan Urban, sê hulle hoop om die noodsaaklike rol van die behoud van inheemse bioverskeidenheid vir toekomstige geslagte te demonstreer.
# En, navorsing het ‘n regstreekse verband gevind tussen die toestroming van toeriste na Engeland se Meredistrik en die vergroening van die meer Windermere. Dit word toegeskryf aan die opbloei van alge weens hoë vlakke van voedingstowwe, moontlik uit riool, en ook hoë temperature. Die navorsers sê die alge maak die water giftig of ontneem die natuurlewe van suurstof. Die stigter van Save Windermere, Matt Staniek, vra die algehele verwydering van alle riool uit die meer. Sky News berig 27-duisend ure se onbehandelde riool het sedert 2020 die meer ingevloei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….