Eko-minuut
BULLETIN 15 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad se waterbesoedeling-beheerspan slaan tans toe op onwettige verbindings en storting in die stormwaterstelsel. Tussen Maart verlede jaar en Februarie vanjaar is 12-duisend-580 inspeksies op eiendomme uitgevoer, 159 oortredingskennisgewings uitgereik en 40 onwettige verbindings afgesny. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die hoofbron van besoedeling in stormwaterkanale is die regstreekse storting uit toilette en onwettige storting van vaste afval:
# Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, en sy Zimbabwiese eweknie, minister Anxious Jongwe Masuka, het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken vir die oordrag van behandelde water van die Beitbrug-waterbehandelingsaanleg na Musina in Limpopo. Die direkteur-generaal, Sean Phillips, sê die bilaterale ooreenkoms sal ongeveer 15-miljoen kubieke meter per jaar aan die gebied verskaf. Hy sê meer as 132-duisend inwoners in 192 dorpe sal daaruit voordeel trek, met verskeie maatskaplik-ekonomiese bedrywighede wat ondersteun sal word:
# En, laastens: Die wêreld herdenk vandag die 27ste Internasionale Rivierdag. Gemeenskappe wêreldwyd het verenig om die kritieke belang van die beskerming van riviere te beklemtoon. Vanjaar se tema, ‘Water vir almal’, beklemtoon verskeie waterverwante uitdagings, van toegang tot skoon water tot die stryd met damme en die privatisering van water. Verslae dui aan varswater-ekostelsels ervaar kommerwekkende dalings, daarom word die behoefte aan gesamentlike optrede rondom die beskerming en herstel van riviere bepleit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….