Eko-minuut
BULLETIN 1 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrika se grootste privaat hernubare energieprojek, die Impofu-windplase in Kouga in die Oos-Kaap, is gereed vir oprigting wat dié maand sal begin. Die projek, gelei deur Red Cap Energy, bestaan uit drie 110-megawatt windplase, wat dit die grootste suiwer privaat hernubare energie-aanleg in die land maak. Die projek sal na verwagting aansienlike ekonomiese groei vir plaaslike gemeenskappe inhou.
# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê brandbestryders het daarin geslaag om twee van die drie aktiewe brandlyne in Du Toitskloof onder beheer te bring. Die brand het Woensdagmiddag ontstaan en vinnig versprei. Die munisipaliteit se woordvoerder, Anesca Roodt, sê brandbestryders het danksy die koeler temperature goeie vordering deur die nag gemaak:
# En laastens: Toenemende verwarming in die Noordpoolstreek sal meebring dat die Parys-ooreenkoms se perk van twee grade Celcius op die styging van die temperatuur agt jaar vroeër verbygesteek word as wat andersins sou gebeur. Wetenskaplikes aan die Universiteitskollege van Londen se studie oor toekomstige voorspellings oor klimaatsverandering het bevind die styging in die vlakke van die Arktiese Yssee dra 35-persent by tot die styging in seevlakke wêreldwyd. Alistair Duffey van die universiteit sê die bykomende verwarming van die Yssee is die regstreekse oorsaak van uiterste weersomstandighede in die Noordelike Halfrond.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….