Eko-minuut 13:30
BULLETIN 26 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Cosatu het die Nasionale Raad op Provinsies se aanvaarding van die Wetsontwerp op Klimaatverandering verwelkom. Die wetsontwerp is verlede jaar deur die Nasionale Vergadering goedgekeur en ondersteun ‘n regverdige oorgang na ‘n billike en internasionaal mededingende laekoolstof-ekonomie en -samelewing vir klimaatverandering. Matthew Parks van Cosatu sê die wetsontwerp lê ‘n gevorderde grondslag vir Suid-Afrika se reaksie op klimaatverandering, maar sal sy doelwitte slegs bereik indien die regering die nodige hulpbronne voorsien:
# Graham Forbes van Greenpeace is van mening die toenemende teenwoordigheid van fossielbrandstof en petrochemiese nywerhede, en die uitwerking daarvan is nie wat mense wil hê of die klimaat nodig het nie. Tydens besprekings by die Verenigde Nasies se verdragonderhandelings in Kanada is gepoog om ‘n dooiepunt op te los tussen fossielbrandstof-nasies en ander wat die lewensiklus van plastiek wil aanspreek. Forbes sê VN-lidlande moet ‘n globale verdrag aanvaar wat plastiekvervaardiging beperk en die eenmalige gebruik daarvan verbied.
# En laastens: Die Stranded Marine Animal Rescue Network het bevestig ‘n suidelike olifantrob het vroeër die week uitgespoel op Victoriabaai se strand. Desiree Peens van die netwerk sê die rob, wat Colombo gedoop is, is ‘n vier-jarige jong dier uit die Sub-Antarktiese en Antarktiese gebied. Peens verduidelik Colombo, wat blind is in een oog, besoek die Tuiroete se kus al sedert Desember 2023 om te verhaar. Suidelike olifantrobbe teel op land, maar bring winters deur op die Antarktiese ys. Hulke kry hulle naam van hulle neuse wat kan opblaas en soos ‘n slurp lyk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….