Eko-minuut 13:30
BULLETIN 19 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê hy werk daaraan om die land se lugvaartsektor te beskerm teen skadelike weerstoestande weens klimaatsverandering. Een van die kwessies waarna hulle kyk, is om koolstofvrystellings deur stralerbrandstof te verminder. Themba Thabethe van die owerheid het tydens die Nasionale Lugvaart-beraad in Pretoria die noodsaaklikheid beklemtoon van infrastruktuurveranderings wat vliegtuie kan help om by weerpatrone aan te pas:
# ‘n Vooruitskatting in GreenCape se Verslag oor Grootskaalse Hernubare Energie sê Suid-Afrika se vermoë wat geïnstalleerde hernubare kragstelsels betref, sal teen 2030 sowat 32-gigawatt beloop. Die skatting sluit in dat ses-gigawatt foto-voltaïese sonkrag en vier-gigawatt windkrag deur private kragproduksie alleen daarby gevoeg sal kan word. GreenCape sê die verskyning van die private mark volg op markhervormings wat enige grootte projek sonder ‘n lisensie moontlik maak.
# En, die Stad Kaapstad gaan deelneem aan vanjaar se Stads-natuuruitdaging en moedig inwoners aan om mee te doen. Die doel is om foto’s te neem van so veel as moontlik verskillende dier- en plantspesies in die stad. Kaapstad is een van die stede in die wêreld met die grootste bioverskeidenheid. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê mense moet die iNaturalist-toepassing aflaai en hulle foto’s daarop laai:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….