Eko-minuut 13:30
BULLETIN 18 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Globale Windenergieraad sê die windbedryf gaan ‘n nuwe tydperk van versnelde groei binne wat deur politieke ambisie aangevuur word. Die 2024 Wêreldwye Windverslag onthul dié bedryf het verlede jaar ʼn rekord 117 gigawatt nuwe vermoë bygevoeg, wat dit die beste jaar ooit vir wind-energie maak. China en Amerika bly die wêreld se grootste markte vir nuwe aanlandige wind-energie. Afrika en die Midde-Ooste het verlede jaar byna ‘n gigawatt windkrag bygevoeg.
# AfriForum het organisasies, ingenieurs, spesialiste en belanghebbendes in waterbestuur versoek om op sy Waterkrisisportaal te registreer. Die organisasie se Omgewingsakebestuurder, Lambert de Klerk, sê die veldtog het ten doel om ‘n omvattende lys van kundigheid en hulpbronne saam te stel om wateruitdagings aan te pak. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking om volhoubare oplossings te vind:
# En, ʼn wêreldwye toename van 30-persent in die gebruik van volgraanprodukte kan koolstofvrystellings met 120-miljoen ton per jaar verminder. Dit is volgens ʼn verslag wat die Boston Consulting Group onlangs uitgegee het. Daarin word gesê graan is die voedselproduk wat wêreldwyd die grootste uitwerking op die omgewing het. Die verslag het ook bevind globale graanproduksie se vrystelling van kweekhuisgasse is groter as dié van Rusland, Brasilië en Duitsland saam.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….