Eko-minuut 13:30
BULLETIN 17 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het in samewerking met die Noord-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, die Twee Rivieren-voëlskuiling in die Kgalagadi-oorgrenspark onthul. SANParke se hoof van Kommunikasie, JP Louw, sê die uitkyksentrum wil besoeker-ervarings verbeter en is ‘n bewys van voortgesette toerisme-infrastruktuurbeleggings. Hy voeg by die nuwe voëlskuiling se toegangstruktuur is rolstoelvriendelik en stem ooreen met SANParke se toewyding tot toeganklikheid en gebruikersvriendelikheid:
# Die George-munisipaliteit se Departement Gemeenskapsdiens het met ‘n deeglike opruimingsoperasie begin in gebiede wat onder verlede week se swaar reën deurgeloop het. Die Wildernis, Kleinkrantz en die gebiede wes van die Touwrivier tot by Leentjiesklip is die ergste geraak. Die burgemeester, Leon van Wyk, sê sowat 50 vragte rommel is ingesamel, wat ‘n weerspieëling is van die nagevolge van die broodnodige reën wat damme in die gebied gevul het:
# En, die Verenigde Arabiese Emirate het gister onder stortreën en oorstromings deurgeloop. Die regering sê dit was die hoogste reënval die afgelope 75 jaar toe meer as 142-millimeter reën in 12 uur in Dubai geval het. Die Dubaise Internasionale Lughawe wat onlangs bekroon is as die tweede besigste lughawe ter wêreld, moes vliegtuie herlei omdat sy aanloopbaan onder water was. Die spog-winkelsentrums, Dubai Mall en Mall of the Emirates, is albei oorstroom. Die VAE se regering sê die reën was ‘n ongewone gebeurtenis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….