Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 April 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Konsortium mynmaatskappye het beloof om 40-miljoen-rand oor vyf jaar te belê om die Bosveld-geologie- en Metallogenie-navorsings-leerstoel by die Wits-universiteit te vestig. Die doelwit is om navorsing oor die geologies ryk Bosveldkompleks te bevorder terwyl die volgende geslag geowetenskaplikes opgelei word. Wits se visekanselier, Zeblon Vilakazi, het die projek geloof as ʼn voortsetting van die universiteit se lang geskiedenis van diens aan die Suid-Afrikaanse mynbedryf.
# Die Kaapstadse omgewingsvriendelike afleweringsdiens, Green Riders, beplan om e-fietse te gebruik wat ʼn battery-aangedrewe pedaalstelsel gebruik wat dit makliker maak om die pedale te trap. Green Riders, wat in 2022 bekendgestel is, hoop om na Gauteng en later landwyd uit te brei. Die opleidingsbestuurder, Tanika Coulson, sê afleweraars bring sowat elf ure per dag op motorfietse deur wat kweekhuisgasse vrystel, daarom wil hulle ʼn omgewingsvriendelike plaasvervanger met ʼn kleiner koolstof-voetspoor bied.
# En ten slotte: Nog ‘n ietermagog is gered ná ‘n uitlok-operasie in Silver Lakes, Pretoria. Dié operasie, waarby die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, en Transfrontier Africa betrokke was, het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes. Die diertjie, genaamd Sebastian, is na die Johannesburgse Natuurlewe Veeartsenyhospitaal geneem vir behandeling. Hy was aanvanklik ontwater en swak, maar Sebastian toon nou tekens van verbetering. Verlede week is ‘n dragtige ietermagog ook gered. Ietermagô’s word hoofsaaklik vir hul skubbe gestroop om in tradisionele medisyne gebruik te word.