Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 April 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Sasol het suksesvol appelleer by die Ministerie van Bosbou, Visserye en die Omgewing, waarvolgens sy swaeluitlatings op ‘n alternatiewe basis gereguleer sal word. Die maatskappy het die vermindering van oorhoofse uitlatings voorgestel deur die aanpassing van sy ketels in Secunda, eerder as om net op konsentrasie-gegronde beperkings te fokus. Minister Barbara Creecy het bevind Sasol voldoen aan al die vereistes, met die nuwe regulasie wat van 1 April volgende jaar sal geld. Sasol erken die behoefte om sy besoedelende bedrywe teen te werk en sal met die minister saamwerk om regulatoriese vereistes te finaliseer.
# Tshwane se terugkoopsentrums word geloof vir hul herwinningswerk. Die sentrums bedien hoofsaaklik die informele sektor soos rommelsnuffelaars, maar ook inwoners, klein herwinningsondernemings en enige ander persoon wat herwinbare rommel verkoop. Die metro het drie sentrums in Atteridgeville, Stinkwater en Hammanskraal. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landbou, Ziyanda Zwane, sê die sentrums is voordelig vir die omgewing omdat dit help om besoedeling te beperk en natuurlike hulpbronne te bewaar.
# En ten slotte: Die Europese Menseregtehof lewer môre ongekende uitsprake in drie afsonderlike sake oor lande se verantwoordelikheid met betrekking tot aardverwarming. Die uitsprake kan moontlik regerings verplig om ‘n meer ambisieuse klimaatsbeleid te aanvaar. Dit sal die eerste keer wees dat die hof uitspraak lewer oor klimaatsverandering, met sake wat beweer Europese regerings tref onvoldoende maatreëls teen aardverwarming. Die bevindings kan nuwe fundamentele regte oor klimaatsoptrede vestig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….