Eko-minuut 13:30
BULLETIN 13 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Gemeenskappe in Kwa Zulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga is gewaarsku om ekstra waaksaam te wees te midde van die aanlanding van die tropiese storm Filipo. Dit het reeds skade aangerig aan geboue in die suidelike dele van Mosambiek. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se woordvoerder, Legadima Leso, sê minister Thembi Nkadimeng het die Nasionale Rampbestuursentrum opdrag gegee om met alle belanghebbendes saam te werk om die veiligheid van gemeenskappe te verseker wat deur die tropiese storm geraak kan word:
# Die African Reclaimers Organisation het sy eie sorteersentrum vir herwinbare materiaal in Selby, Johannesburg, ingerig. Dit kom ná byna drie jaar se gesprekke met die Stad Johannesburg oor die integrasie van informele afvalherwinners. Die organisasie se Herwinning met Herwinners-program versamel afval in byna 100 woongebiede regdeur die stad. Die stad se afvalbestuurders, Pikitup, sê hulle kyk hoe hulle die herwinners kan bystaan met ‘n plek om te sorteer, maar begrotingsbeperkings is ‘n uitdaging.
# En die stigter van Save a Fishie, Zoë Prinsloo, verteenwoordig Suid-Afrika tans op die internasionale Helen Storrow-seminaar in Switserland. Dit is ‘n leierskapsprogram vir die jeug wat fokus op omgewingsvolhoubare projekte vir hul gemeenskappe. Save a Fishie is ‘n veldtog wat bewusmaking skep oor mariene bewaring en die gevare van plastiekbesoedeling. Prinsloo sê danksy dié program het sy meer as 260 strandskoonmaak-veldtogte gereël, meer as 111 strande regdeur Suid-Afrika besoek en meer as 20 ton rommel bymekaargemaak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….