Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die beduidende versterking van die tropiese storm Filipo, tussen Madagaskar en Suider-Afrika se vasteland bevestig. Kevin Rae van die Weerdiens waarsku oor die storm se moontlike gevare, insluitend stortreën, skadelike wind van meer as 100-kilometer per uur, en storms wat seevlakke met tot 50-sentimeter sal laat styg. Filipo sal die land na verwagting naby Inhassoro in Mosambiek tref, met gevare van weerverwante skade deur die week:
# Die stad Tshwane sê die studie wat ‘n omgewingsorganisasie sonder winsbejag, Planact, doen is belangrik sodat daar verstaan word watter uitwerking hitte in die metro het. Sestien vrywillige wetenskaplikes van die stad, gelei deur die organisasie, het onlangs verskeie gemeenskappe in Tshwane besoek om ‘n hittekaart op te stel. ‘n Projekbestuurder van Planact, Tazmin Hudson, sê die plan is om die data van elke plek te gebruik om die metro te help met die ontwikkeling van ‘n plan om die uitwerking van uiterste hitte in die toekoms te bekamp.
# En, laastens: Die Stad Kaapstad sê hy werk hard aan die vermindering van die volume afval wat na stortingsterreine gestuur word en die beskikbare stortingsterrein-lugruimte te vergroot voor dit vol is. Dit is om die toenemende volume afval wat Kaapstad se groeiende bevolking produseer, te bekamp. Die burgermeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die huidige lugruimte vir die stad sal na raming teen 2036 vol wees, maar die Projek vir die Ontwerp en Ontwikkeling van Lugruimte sal dit met minstens twee jaar verleng:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….