Eko-minuut 13:30
BULLETIN 8 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Afvalvereniging van Suid-Afrika sê in die 2022/23-verslagtydperk is ‘n herwinningskoers van 31-persent vir polistireen behaal. Een van die dryfkragte van die prestasie is die toenemende vraag na volhoubare afvalbestuurs-oplossings. Adri Spangenberg van die vereniging sê die integrasie van polistireen-herwinning in huishoudings se vullisverwydering-stelsels is ‘n deurslaggewende verskuiwing in afvalbestuurs-praktyke. Sy voeg by dit baan die weg vir meer inklusiewe en omvattende herwinnings-programme.
# Die burgerlike samelewingsorganisasie, WaterCAN, wat hom vir toegang tot skoon water beywer, het kommer uitgespreek oor die haglike watervoorsieningsituasie in Johannesburg. Die uitvoerende bestuurder, Ferrial Adam, beklemtoon Rand Water en Joburg Water se mislukking om hulpbronne voldoende te bestuur, en sodoende die stad tot op die randjie van ‘n krisis gedryf het. WaterCAN hou volgende week ‘n vergadering om die krisis te bespreek. Adam eis aanspreeklikheid van waterowerhede en beklemtoon die behoefte aan onmiddellike oplossings om rampe te voorkom.
# En, laastens: ‘n Maatskappy van Hammarsdale, Mathe Group, sê daar is aansienlike groeimoontlikhede vir die gebruik van krummel-rubber in padbouprojekte. Die maatskappy herwin daagliks ʼn duisend vragmotor-straallaagbande en verwerk dit in 45 ton krummel-rubber. Hierdie waardevolle materiaal word dan met bitumen gemeng wat in groot pad-opknappingsprojekte reg oor die land gebruik word. Mathe sê hierdie proses lei tot ʼn sterker, duursamer padoppervlak terwyl dit ook omgewingsvolhoubaarheid bevorder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….