Eko-minuut 13:30
BULLETIN 29 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweerdiens sê hy maak goeie vordering om die brand in die Du Toitskloofpas onder beheer te kry. Die brand het gistermiddag naby die Du Kloof Lodge in Du Toitskloofpas op die N1 uitgebreek. Dit het vinnig na die pad versprei en die verkeersvloei ontwrig. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brandlyn bo die ingang na die Hugenotetonnel is onder beheer:
# Inwoners van Swakopmund in Namibië het planne verwerp vir ‘n voorgestelde bergplek vir radioaktiewe materiaal in die kusdorp se nywerheidsgebied. Die inwoners is besorg oor gesondheids- en omgewingsrisiko’s. Die aanleg sal na verwagting gevaarlike stowwe naby huise berg, wat vrese oor veiligheidsvrese laat opvlam. Die voormalige minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, Bernard Haufiku, sê daar is ‘n langtermyn gevaar vir die mensdom en die omgewing:
# En laastens, die hoogs siekmakende voëlgriepvirus H5N1 het aangepas om tussen voëls en see-soogdiere te versprei wat ‘n onmiddellike bedreiging vir die bewaring van seelewe inhou. Dit is volgens ʼn studie wat in die vaktydskrif, Emerging Infectious Diseases, verskyn het. Wetenskaplikes het breinmonsters van vier seeleeus, een pelsrob en ʼn seeswaeltjie geneem wat dood gevind is by die seeleeu-kolonie in Argentinië, wat die swaarste getref is. Alles het positief getoets vir die virus. Die skrywer Agustina Rimondi sê dit bevestig dat alhoewel die virus aangepas het om see-soogdiere aan te tas, kan dit voëls ook steeds besmet.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….