Eko-minuut 13:30
BULLETIN 28 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die multinasionale bierbrouer Heineken het 2,3-miljard-rand in sy inruilbare bottel-program in Suid-Afrika belê, as deel van sy doelwit om 65-persent inruilbare glasbottels te gebruik. Dit is in lyn met sy wêreldwye Brew a Better World-strategie van geen koolstof teen 2040. Heineken beoog ook om in die eerste helfte van die jaar groen sones te aan te lê in Phillipi, Kaapstad en Eldorado Park en Lawley, in Johannesburg. Dit sluit in parke en oop gebiede wat deur kos- en blomtuine aangevul sal word.
# Die brandweerdienste van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het mense gemaan om versigtig te wees soos temperature die hoogte inskiet. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel meer as 40-grade Celsius vir die volgende 48-uur. ‘n Woordvoerder, Anesca Roodt, waarsku teen ‘n verhoogde veldbrandgevaar. Inwoners word aangeraai om waaksaam te bly en uiters versigtig te wees om die vinnige verspreiding van brande in hierdie tydperk te voorkom:
# En laastens, die Verenigde Nasies se Omgewingsvergadering het vertroue uitgespreek in sy vermoë om klimaatsverandering te pak deur multilaterale omgewingsooreenkomste. Die ooreenkomste dek ‘n wye omvang van kwessies, wat wissel van die beskerming van die atmosfeer, en volhoubare bestuur van chemikalieë en afval, tot die beëindiging van die verlies aan natuur en biodiversiteit. Die president van die VN se Omgewingsvergadering, Leila Benali, sê hul reaksieplan moet bewys dat multilaterale samewerking en diplomasie positiewe resultate kan lewer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….