Eko-minuut 13:30
BULLETIN 26 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskap bied ‘n byeenkoms van belanghebbendes in Mpumalanga aan oor optrede teen klimaatsverandering. Hy staan aan die voorpunt van die vaslê van koolstof, en die gebruik en berging daarvan. Die mikpunt is ook die vermindering van uitlatings en ‘n wegbeweeg van die afhanklikheid van steenkool. Die uitvoerede hoof, Mosa Mabuza, lig die belangrikheid uit van die projek met die aanspreek van omgewingskommer, terwyl volhoubare energie-gebruike gesteun word:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak-twee-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms oor dele van Gauteng, Mpumalanga en Limpopo vandag. Sterk wind, buitengewone weerlig en swaar reënbuie word verwag, wat tot oorstromings kan lei. Die weerdiens sê daar is ‘n 60-persent kans op reën in Gauteng. Oor Mpumalanga sal dit bewolk wees in die ooste, met reënbuie, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. In Limpopo sal na verwagting verspreide buie voorkom.
# En laastens, die Verenigde Nasies se sesde omgewingsvergadering wat op die verband tussen die drie omgewingskrisisse op die planeet konsentreer, begin vandag in Nairobi, Kenia. Die vergadering sal fokus op hoe meersydigheid kan bydra om die planeet se drieledige krisis van klimaatsverandering, die natuur en verlies aan biodiversiteit, en besoedeling en afval te hanteer. Stede dra die meeste by tot die drieledige krisis en gebruik die grootste deel van die energie, voedsel en hulpbronne. Hulle is verantwoordelik vir 70-persent koolstofvrystellings en meer as 50-persent van die wêreld se afval.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….