Eko-minuut 13:30
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 17 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Energieraad van Suid-Afrika waarsku ‘n aansienlike daling in die land se aardgasvoorraad is binne die volgende drie tot vier jaar moontlik. Die uitvoerende hoof van die raad, James Mackay, beklemtoon die verwagte opskorting van produksie vanaf sy Mosambiekse velde deur Sasol, tussen 2026 en 2027, hou ‘n ernstige risiko in wat moontlik tot Suid-Afrika se volgende ekonomiese krisis kan lei. Met die sluiting van verwerkingsaanlegte en ‘n afname in petrol- en dieselproduksie, stel Mackay voor om deur invoere in die behoeftes te voorsien.
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die verhoogde waarskynlikheid van buitengewone weergebeurtenisse is heel waarskynlik die gevolg van klimaatsverandering. Volgens die bestuurder van Ramprisiko-vermindering, Tshepho Ngobeni, kan hierdie week se geïsoleerde voorvalle egter nie regstreeks aan klimaatsverandering toegeskryf word nie. Ngobeni sê dit is hartseer om te sien hoe mense verliese ly nadat ‘n donderstorm handuit geruk het en ‘n haelstorm in Gauteng en ‘n tornado in die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga ontketen het:
Speel klankgreep: ENG NgobeniOnSevereWeather
# En laastens: Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing is besorg oor die toenemende teistering van Kaapse pelsrobbe langs die kus. Dit sluit in eienaars wat hul honde toelaat om die robbe te nader of aan te val, klippe wat na hulle gegooi word en robbe wat uitgelok word om mense te jaag ter wille van beeldmateriaal op sosiale media. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê hierdie soort fisiese interaksie met en voeding van die robbe is nie net gevaarlik vir mens en dier nie, maar verbode en dus ‘n misdaad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….