Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Green Connection is bekommerd oor die onlangse goedkeuring van die omgewingstudie vir Shell se voorgestelde Noord-Kaapse Ultra Deep olie- en gas-ondersoekprojek. Die projek aan die Weskus tussen Port Nolloth in die Noord-Kaap en Saldanhabaai in die Wes-Kaap, sal die sink van vyf boorgate en gespesialiseerde seismiese opnames behels om die seebodem te karteer. Shahil Singh van Green Connection sê dié goedkeuring het gevolg ondanks herhaalde besware van kusgemeenskappe en die burgerlike samelewing:
# Die Do More-stigting vra Suid-Afrikaners om jong kinders te ondersteun deur vroeë kinderontwikkelingsentrums op te gradeer sodat dit die uitwerking van die klimaat kan weerstaan. Die stigting se Mandeladag-veldtog, ‘n Beter klimaat-toekoms begin met kinders, fokus op die bou van skadu-speelplekke, stelsels wat water opvang, en sonkrag- aangedrewe toestelle. Die stigting sê die doel is om kinders te help om veilig te leer en te speel terwyl hittegolwe, vloede en droogtes hulle ontwikkeling toenemend bedreig.
# En ten slotte: Die DA in Limpopo het ʼn dringende ondersoek aangevra na die oorsprong van ernstige besoedeling in die Limpopo-rivier. Boere berig die rivier se water is ʼn vreemde turkoois-kleur en ruik skerp na chemikalieë. Jacques Smalle van die DA sê mense bespiegel dat dit veroorsaak word deur ʼn slykdam by ʼn steenkoolmyn, moontlik in die Thabazimbi- of Ellisras-gebied, of deur ʼn groot rioolstorting:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….