Eko-minuut 13:30
BULLETIN 21 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die maatskappy Zero Carbon Charge sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, moet ‘n beleidsraamwerk en aansporings oorweeg vir die ontwikkeling van ‘n nasionale, onafhanklike netwerk van laaistasies vir elektriese voertuie wat deur hernubare energie aangedryf word. Die medestigter en direkteur, Andries Malherbe, sê kortings vir bestuurders wat hul voertuie laai met elektrisiteit wat van hernubare-energie-laaifasiliteite verkry word is een van die aansporings wat die minister kan oorweeg. Die maatskappy bou tans 120 laaifasiliteite wat deur sonkrag fotovoltaïes aangedryf word.
# Build One South Africa versoek dringend ‘n vergadering met Merafong City se burgemeester, Nozuko Best, weens ‘n waterkrisis van 100-uur wat tienduisende inwoners van die Wes-Randse munisipaliteit raak. Die geskil tussen die owerheid en Rand Water oor skuld van 800-miljoen-rand het gemeenskappe sedert Vrydag sonder water gelaat. BOSA se onderleier, Nobunto Hlazo-Webster, vra onmiddellike optrede, en hoop die vergadering sal lei tot samewerking vir ‘n blitsige oplossing om elke inwoner se grondwetlike reg op skoon water te verseker:
# Tshwane moedig inwoners en belangstellendes aan om deel te wees van die openbare vergaderings oor die voorgestelde plan vir geïntegreerde afvalbestuur. Die eerste vergadering vind vandag plaas. Die plan wil ‘n nuwe manier van afvalbestuur in die metro bekend stel. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die ontwikkeling van nuwe afvalbestuurstelsels sal Tshwane se vermoë versterk om ʼn skoon, veilige en gesonde omgewing vir inwoners te verseker:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….