Eko-minuut 13:30
BULLETIN 15 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Japanse Buitelandse Handelsorganisasie lei ‘n afvaardiging van 27 lede op ‘n toer regdeur Suid-Afrika om die land se opkomende groenwaterstofbedryf te verken. Die afvaardiging sal belangrike groenwaterstofterreine in Gauteng en die Wes-Kaap besoek, terwyl hulle met Suid-Afrikaanse belanghebbendes in gesprek tree. Die doel is om samewerking en uitruiling van inligting te bevorder, om die groei van die groenwaterstofsektor te ondersteun. Die toer volg op ‘n groenwaterstofseminaar wat die organisasie Maandag in Johannesburg aangebied het.
# African Risk Capacity het ‘n vennootskap van 210-miljoen-rand met die Amerikaanse regering gesluit om oor die volgende drie jaar toegang tot parametriese versekering reg oor Afrika uit te brei. Die bedryfshoof, Ange Chitate, sê hierdie fonds sal voedselsekerheid verbeter en klimaats-veerkragtigheid in 19 Afrika-state versterk. Parametriese versekering sal Afrika-regerings in staat stel om meer doeltreffend op klimaatrisiko’s te reageer. Chitate beklemtoon die behoefte aan deelnemende uiteenlopenheid om die projek se langtermyn volhoubaarheid te verseker en ‘n wyer reeks lande, gevare en mense te dek.
# En, laastens: Die Keniaanse Natuurlewediens het 21 Oosterse swartrenosters van reservate soos Ol Pejeta, Lewa en die Nairobi Nasionale Park na die Loisaba-reservaat verskuif. Die operasie is deel van die nasionale projek om renosters se gebied uit te brei. ‘n Navorser van die Keniaanse Natuurlewediens, David Ndeere, sê die doel van die projek is om bykomende ruimte vir Kenia se swartrenosterbevolking te skep om te floreer en die hele land te bevoordeel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….