Eko-minuut 13:30
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Eskom sê hy het befondsing vir die volgende drie tot vier jaar bekom om transmissie-kapitaalprojekte aan te pak. Die kragverskaffer het met netwerk-uitbreidingsprojekte begin waarvan 47 op verskillende stadiums van ontwikkeling is en sal bydra om 37 gigawatt nuwe netwerkverbindingskapasiteit te lewer. Volgens Eskom se transmissieontwikkelingsplan moet sowat 53 gigawatt nuwe opwekkingsvermoë bygevoeg word om teen 2032 aan die verwagte vraag te voldoen. Leslie Naidoo van Eskom sê dit sal ʼn uitdaging wees om vas te stel waar om ná die volgende vyf jaar fondse te kry.
# President Cyril Ramaphosa sê die regering kyk na maatskappye in Katar om met Suid-Afrika saam te werk terwyl hulle die Billike Energie-oordrag Beleggingsplan instel. Hy het gister aan ‘n sake-rondetafel in Katar deelgeneem. Ramaphosa sê daar is nou geleenthede vir vennootskappe in hernubare energiebergingstegnologieë, soos batteryvervaardiging vir energienetwerkstelsels en elektriese voertuie. Die president het bygevoeg Katar het die ervaring, tegnologie en kapitaal in die petrochemiese, aardgas- en energie-infrastruktuur:
Speel klankgreep: ENG RamaphosaOnQatarPartnership
# En laastens: Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, het op die eerste C40 Cities Politieke Leierskapsmeesterklas oor Klimaatsveranderingsbestuur, die klimaatbegrotingsplan aangekondig in vennootskap met C40 Cities. Hy sê hulle het voortdurend gewerk aan die insluiting van klimaatsoorwegings in die kapitaalbeplanningstelsel. Brink sê hulle sal die stad se teikens vir die vermindering van uitlaatgasse aan werklike projekte koppel en verseker dat dit voorkeur kry en deel vorm van wat as die Tshwane-klimaatbegroting bekend sal staan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….