Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Effens koeler nagtemperature het slegs geringe verligting gebring vir brandbestryders wat talle brande in Worcester, Wolseley en Rawsonville in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit bestry. Daar is tans nege brandweervoertuie en bemanning, en ‘n bykomende 65 bemanningslede op die grond by die toneel. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vir vandag temperature hoër as 38-grade Celsius wat ʼn uitwerking op brandbestrydingsaktiwiteite sal hê:
# Die Stad Johannesburg sê kommer wat inwoners geopper het oor aanhoudende lugbesoedeling het die stad se Omgewingsbestuur-inspekteurs aangespoor om op te tree. Dit volg nadat Jin Shan-vervaardiging beskuldig is van die vrystelling van skadelike dampe wat die plaaslike gemeenskap by Industrial-noord nadelig beïnvloed. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die onderneming het versuim om enige dokumentasie voor te lê, wat gelei het tot die onmiddellike inhegtenisneming van die bestuurder. Hy voeg by die onderneming het binne ‘n week sy bedrywighede gestaak:
# En ten slotte: Die Departement van Minerale Bronne en Energie het ‘n Kanadees-Suid-Afrikaanse konsortium gekies om ‘n nuwe myn-lisensiëringstelsel te ontwerp, in werking te stel en in stand te hou. Die Mineraleraad van Suid-Afrika beraam daar is ‘n agterstand van meer as drie-duisend aansoeke vir prospekteer- en mynregte, met ‘n beleggingswaarde van meer as 30-miljard rand. PMG Consortium is ‘n groep van drie maatskappye, die Kanadese groep, Pacific GeoTech Systems, en twee Suid-Afrikaanse maatskappye, MITS Institute en Gemini GIS and Environmental Services. Die departement sê die uitwissing van die agterstand sal mynbou-ontginning ’n hupstoot gee.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….