Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Eskom het die langverwagte beperkingsbylaag by sy jongste assessering oor opwekking-verbindingsvermoë gepubliseer. Dis ‘n belangrike stap om broodnodige netwerk-vermoë vir windprojekte in die Wes-en die Oos-Kaap beskikbaar te stel. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het die bylaag goedgekeur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê voor die bylaag was daar geen oorblywende netwerk-vermoë in dié twee provinsies nie:
# The Rhino Orphanage in Limpopo het ‘n nuwe weeskalfie aangeneem wat ouer as die meeste van die ander is. Die kalf is die eerste keer naby sy ma se karkas raakgesien en is ‘n paar dae later gered. Die weeshuis beklemtoon al is hy ouer, is hy nog te jonk om alleen in die natuur te oorleef. Die organisasie sê hy is daaraan toegewy om die kalf die nodige ondersteuning te bied, met die uiteindelike doel om hom weer in die natuur vry te laat wanneer hy oud genoeg is.
# En ten slotte: Twee omgewingsbetogers is in hegtenis geneem nadat hulle sop gegooi het na die Mona Lisa, wat agter ʼn glasskerm in die Louvre in Parys hang. Hulle eis gesonde en volhoubare kos. Die omgewingsgroep Riposte Alimentaire het aanspreeklikheid aanvaar. Hy sê dis die begin van ʼn veldtog van burgerlike verset met ʼn duidelike eis vir die maatskaplike sekerheid van volhoubare kos. Die Mona Lisa is sedert die vroeë 1950’s agter veiligheidsglas nadat ʼn besoeker dit met suur beskadig het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….