Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die regering se sonpaneel-aansporing, wat verlede jaar ingestel is om hernubare energiegebruik te bevorder, sal op 29 Februarie verval. Die aansporing bied ‘n korting van 25-persent tot 15-duisend-rand aan vir nuwe sonpanele wat teen daardie datum in gebruik is. Ondanks oproepe vir ‘n verlenging en uitbreiding om batterye en omskakelaars in te sluit, het die Nasionale Tesourie voet by stuk gehou en die dringendheid van sonkraginstallasies beklemtoon. Sonkragverskaffers verseker intussen belangstellende huishoudings installasies kan steeds betyds voltooi word en bied ‘n vaartbelynde proses van kwotasie tot dokumentasie aan.
# Die verkope van nuwe-energievoertuie het jaar-tot-jaar in 2023 aansienlik gestyg, met ‘n verhoging van 65-persent. Die meerderheid verkope was hibriede voertuie wat ʼn weerspieëling is van die globale verskuwing na groen energie. Toyota Suid-Afrika Motors het ʼn styging van 22-persent jaar-tot-jaar in verkope van nuwe-energievoertuie aangemeld. Die uitvoerende hoof, Andrew Kirby, skryf die groei toe aan ʼn toenemende fokus op tegnologiese vernuwing en die integrasie van doelgemaakte sagteware in nuwe voertuigstelsels. Hy sê die styging in verkope bewys die land se verbintenis om koolstofuitstraling te verminder.
# En ten slotte: ‘n Verandering in windrigting belemmer pogings om die Kluitjieskraal-brand naby Wolseley in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap te beheer. Die brand in die Suurvlakte-gebied het in twee rigtings verdeel: een aan Wolseley se kant van die Obiekwa-berge en nog een aan Wellington se kant. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brand aan Wolseley se kant in die Verrekyker-gebied net bokant Kluitjieskraal het vinnig in die rigting van landbougrond beweeg waar ʼn verskeidenheid strukture soos formele en informele behuising is:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….