Eko-minuut 13:30
BULLETIN 23 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ActionSA in Gauteng sê die onlangse verslag dat slegs 39-persent van die 39 besoedeling-monitorstasies in munisipale besit in die provinsie ten volle in bedryf is, is ontstellend. Die stasies meet ‘n reeks besoedelaars, ses monitor die osoon, sewe stikstofdioksied, vier koolstofmonoksied, tien growwe stofdele, vyf fyn stofdele en 12 swaeldioksied. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê sonder werkende moniteringstasies kan owerhede nie betyds waarsku en ook nie bepaal of dit in ooreenstemming met luggehalte-standaarde is nie:
# Die hernubare energie-maatskappy Seriti Green verwelkom die bygewerkte 2025 Geïntegreerde Hulpbronprogram en sê dis ‘n groot stap vorentoe. Die program verwag sowat 2,2-duisend-miljard-rand se nuwe beleggings in die energiesektor. Dit sal na verwagting daartoe lei dat windkrag sal toeneem van agt- tot 24-persent teen 2039. Steenkool bly die hoofbron van krag op 27-persent van Suid-Afrika se elektrisiteitsvermoë. Seriti Green se uitvoerende hoof, Peter Venn, sê windprojekte neem nege jaar om op die netwerk te kom en daarom moet die regering dit gouer aan die gang kry.
# En die Nelson Mandela Universiteit het die toekenning vir beste volhoubare waterbestuur gewen op die Suider-Afrikaanse Hoër Onderwys-geriewe-bestuursvereniging se jaarlikse konferensie en toekenningsgeleenheid. Die universiteit het op nasionale vlak erkenning gekry as top-presteerder vir sy vernuwende en suksesvolle benadering tot volhoubare waterbestuur. NMU sê hierdie gesogte toekenning beklemtoon die instelling se voortgesette toewyding aan voogdyskap oor die omgewing, doeltreffende gebruik van hulpbronne en bevordering van volhoubare gebruike.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….