Eko-minuut 13:30
BULLETIN 21 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se bandweerdiens sê brandbestryders veg steeds teen ‘n groot veldbrand in die gebied langs die Drakenstein-gevangenis op die R301, tussen die Paarl en Franschhoek. Die brand het gistermiddag ontstaan. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê een van die brandlyne op pad na die N1 het homself uitgebrand, maar die lyn na die rivier brand steeds:
# Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se Geïntegreerde Hulpbronplan van twee-duisend-miljard-rand wat die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, aangekondig het. Die instituut se uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, waarsku teen voortgesette afhanklikheid van fossielbrandstof, gas en kernkrag en voer veiligheidsrisiko’s en bespiegelende tegnologieë as redes aan. Sy sê die minister moet fokus op hernubare energie-oplossings soos sonkrag, wind en berging wat skoon, bekostigbaar en volhoubaar is:
Die Vereniging vir Jong Beroepslui in die Kernbedryf verwelkom egter die bekendstelling van die plan, wat die land se verbintenis herbevestig tot ‘n volhoubare en inklusiewe energie-toekoms en een wat kernenergie as ‘n noodsaaklike pilaar integreer om ‘n lae-koolstof ekonomie te bereik. Emmanuel Montwedi van die vereniging sê kernkrag verskaf bestendige basiskrag terwyl dit integrasie met hernubare bronne ondersteun, om Suid-Afrika as ‘n wêreldleier in skoonenergie-ontwikkeling te posisioneer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….