Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# AfriForum het owerhede versoek om diegene wat verantwoordelik is vir onwettige mynbou naby die Krugerwildtuin te beboet. Die burgerregtegroep sê die ongemagtigde boorwerk op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch het reeds ernstige omgewingskade veroorsaak. Lambert de Klerk van AfriForum eis dat die regering binne 30 dae moet optree om omgewingswette af te dwing of regstappe sal ingestel word:
# Die taakspan van die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap het met die Katrivier-bestuursprojek vir Uitheemse Plantegroei begin om indringerplante in die opvanggebied van die Katrivier- en die Bo-Katrivier te verwyder. Die plante hou ‘n ernstige bedreiging in vir die munisipaliteit se watersekerheid, bioverskeidenheid en brandveiligheid. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê indringerplante verbruik groot hoeveelhede water, verlaag damvlakke en bedreig die stad se watersekerheid:
# En die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot ’24 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Oksana Tarasova, sê fossielbrandstof en ʼn toename in veldbrande het die koolstofdioksied-vlakke die afgelope jaar laat styg:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….