Eko-minuut 13:30
BULLETIN 15 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaner Wim van den Heever is aangekondig as 2025 se Natuurlewefotograaf van die Jaar vir sy foto getiteld Spookdorpbesoeker. Die foto is van ‘n bruin hiëna wat langs die ruïnes van ‘n verlate diamantmynbou-nedersetting in die spookdorp Kolmanskop in Namibië staan. Die foto is gekies uit ‘n rekord van 60-duisend-636 inskrywings uit 113 lande en gebiede. Van Heever sê dit het hom tien jaar geneem om die enkele foto te kry:
# Aktiviste van onder meer The Green Connection, Extinction Rebellion, en Project90by2030, asook kleinskaalse vissers betoog môre in Kaapstad. Die G20 se ministeriële werksgroepvergadering oor die omgewing en klimaatsvolhoubaarheid vind ook môre in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaas. Die aktiviste eis dat wêreldleiers ophou om subsidies vir fossielbrandstof te betaal, nuwe olie- en gasprojekte te staak en die oorgang na hernubare energie versnel.
# Die Nasionale Sake-inisiatief het die installasie-, herstel- en onderhoudsinisiatief van stapel gestuur. Dit is ‘n landwye veldtog wat die jeug van dorpe, kollege-studente en klein ondernemings met groen ekonomie-geleenthede verbind. Dit stel verskillende soorte digitale gereedskap bekend, insluitend die Groen Ekonomie-gereedskapskis, die Installasie-, Herstel- en Onderhoud-kernportaal, en die leer-app, om opleiding, ondernemingsgroei en sertifisering te ondersteun. Die doel van die veldtog is om gedurende die volgende twee maande 100-duisend-jongmense en klein, medium en mikro-ondernemings oor verskeie streke te registreer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….