Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Stad Kaapstad sê belegging in moderne laboratoriumtoerusting sal voortgaande toegang tot waterbronne van die hoogste standaard verseker. Die stad se tak vir wetenskaplike dienste is ‘n wêreldgehalte instelling wat op die voorpunt is van navorsing oor lug- en watergehalte. Die burgmeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad het die afgelope paar jaar meer as 30-miljoen-rand aan laboratoriumtoerusting bestee. Hy sê dit sluit instrumente in wat metale, sianiede, totaal organiese koolstof en die ontsmetting van byprodukte in:
# Die Stad Ekurhuleni het sy Clean Your Kasi, Manje Namhlanje veldtog van stapel gestuur. Die veldtog op voetsoolvlak is gemik op die bekamping van onwettige storting en die agterstand in die sny van gras wat oral in die metro sy kop uitsteek. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die veldtog het ten doel om groter samewerking met inwoners en gemeenskappe te bevorder om na hulle onmiddellike omgewing om te sien:
# En ten slotte: Frankryk het ‘n tydelike verbod op bykans alle kommersiële visvang in die Baai van Biskaje ingestel om dolfyne te beskerm. Ongeveer nege-duisend van die diere word jaarliks per ongeluk in visvangtoerusting vasgevang. Die verbod, wat van vandag tot 20 Februarie van krag is, het ‘n uitwerking op visvanggebiede langs die Atlantiese kus. Plaaslike vissers het die stap as absurd gekritiseer en finansiële kommer uitgespreek, maar die regering verseker daar sal vergoeding wees. Die maatreël het ten doel om die talle dolfynvrektes te bekamp wat aan visvangverwante voorvalle in die gebied toegeskryf word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….