Eko-minuut 13:30
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 15 November 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# ’n Verslag van BirdLife Suid-Afrika dui aan die dood van 60 Europese byvreters en agt skuurswaeltjies regoor die land kan aan klimaatsverandering toegeskryf word. Die voëls is ontdek in ‘n gebied wat strek oor Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, Eswatini, Sodwanabaai en die KwaZulu-Natalse Suidkus. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bioverskeidenheidsinstituut-navorsing in Bewaringsfisiologie, Andrew McKechnie, sê voëls wat van Europa na Suid-Afrika vlieg, het met uiteenlopende weerstoestande te doen, insluitend hittegolwe en droogte. Dit word veroorsaak deur antropogeniese klimaatsverandering en hou ‘n bedreiging vir voëlbevolkings in.
# Die ekonoom, Dawie Roodt, het Suid-Afrika se nuwe belastingaansporing vir omgewingsbewaring, veral renoster- en leeu-beskerming, gekritiseer. Hy voer aan die aansporing, wat belastingbetalers toelaat om fondse te rig aan bewaringspogings is onbeduidend, en stel voor ‘n doeltreffender benadering sou wees om privaat eiendomsreg te beskerm. Hy beveel aan renostereienaars moet toegelaat word om hul diere, insluitend hul horings, te verkoop om tasbare geldwaarde te skep. Die belastingaansporing beoog om jaarliks sowat 1,5-miljoen-rand vir bewaring te skep, maar daar bestaan skeptisisme oor die uitwerking daarvan op bioverskeidenheid en finansiële doeltreffendheid.
# En laastens: Die Stad Kaapstad sê besoeke aan die Kraaifonteinse geïntegreerde afvalbestuurs-aanleg moedig mense aan om meer bewus te wees van vullis en hoe om dit te bestuur. By die aanleg word afvalprodukte op ʼn geïntegreerde manier geskei, oorgedra, herwin en weggedoen sodat so min as moontlik afval na die stortingsterrein hoef te gaan. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die aanleg is die perfekte plek om die jeug aan te moedig om betrokke te raak by herwinning en om afval te beperk:
Speel klankgreep: ENG GrantonTour
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….