Eko-minuut 13:30
BULLETIN 1 Oktober 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# AfriForum vra dat mynbou-bedrywighede dadelik gestaak word naby die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin in die afwesigheid van omgewingsgoedkeuring en toestemming deur die grondeienaar. Die organisasie sê boorwerk en geografiese ondersoeke op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch is onwettig, en geen omgewingstudie is gedoen nie. Die raadgewer oor Omgewingsake, Marais de Vaal, waarsku oor regsoptrede met koste indien bedrywighede nie teen Dinsdag gestaak word nie:
# Die polisie het betogende klimaat-aktiviste verwyder buite die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum waar die Afrika-energieweek tans plaasvind. Lede van The Green Connection, die Afrika-klimaatalliansie en Projek 90 teen 2030 het by die betoging aangesluit en eis hernubare energie-oplossings. Greenpeace Africa se woordvoerder, Desiree Lavern, sê Afrika het van die wêreld se beste son-, wind- en geotermiese potensiaal, maar korporasies wil lande dekades lank nog afhanklik maak van fossielbrandstowwe:
# En ten slotte: The Green Connection se Koeksister-projek bied vandag ‘n gemeenskaps-markdag aan in Langebaan in die Wes-Kaap. Die geleentheid bied aan plaaslike entrepreneurs ʼn platform om hul produkte uit te stal, kennis te deel en gemeenskapsveerkragtigheid te vier. The Green Connection se woordvoerder, Liz McDaid, sê hoogtepunte sluit in markwinkeltjies, interaktiewe leerstasies, kultuur-bedrywighede en die rolprent SPOILED, wat handel oor kusgemeenskappe wat Suid-Afrika se see-ekostelsels beskerm:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….