Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Sonkrag-motorprojekspan het vanjaar se gesogte kommunikasieprys van die Internasionale Raad vir Akademies van Ingenieurswese en Tegnologiese Wetenskap in Australië opgeraap. Die universiteit se inskrywing met die titel, Sustainable Automotive Technologies: a TUT Case Study, het finaliste uit China, Indië, Amerika, Nederland, die Verenigde Koninkryk, Pole, Mexiko en Uruguay uitgestof. Die projek se medebestuurder, Johannes de Vries, sê die doel is om volhoubare tegnologie te omarm:
Die hernubare-energiemaatskappy Scatec sê intussen hy het aansienlike vordering gemaak in sy Suid-Afrikaanse toetsprojek vir elektriese voertuie in Kenhardt en Upington in die Noord-Kaap. Scatec sê die projek het reeds getoon dat elektriese voertuie met goeie skedulering naatloos en met die minimum ontwrigting geïntegreer kan word by daaglikse bedrywighede. Die proefneming is deel van ‘n reeks zero-projekte van Scatec om vrystelling in sy eie bedrywighede en voorsieningsketting te verminder.
# En ten slotte: ʼn Vennootskap tussen die Stad Kaapstad en die Litterboom-projek het sedert Mei meer as 23 ton vullis uit riviere en kanale verwyder. Die projek kon agt nuwe vullisversperrings reg oor die metro oprig. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê Litterboom neem ook die plastiekvullis uit riviere en verwerk dit in materiaal waarmee bruikbare artikels gemaak kan word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….