Eko-minuut 13:30
BULLETIN 11 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die finaliste vir die 14de Eco-Logic Toekennings is amptelik aangekondig. Dit erken prestasies in 12 kategorieë, insluitend oplossings vir klimaatverandering, waterbesparing, sirkulêre ekonomiese projekte, eko-modes en gemeenskapgedrewe projekte. Die finaliste sluit in Sankub, Wildlife ACT Innovations, Re.Bag.Re.Use en die Volhoubaarheidinstituut. Die stigter van die toekennings, David Parry-Davies, sê die finaliste verteenwoordig die beste Suid-Afrikaanse eko-kampioene. Die wenners sal op 27 Oktober aangekondig word.
# Bosbou Suid-Afrika sê aangeplante woude speel ‘n belangrike rol om die land se inheemse bome te beskerm. Suid-Afrika het sowat 1,2-miljoen hektaar kommersiële boomaanplantings in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die organisasie se direkteur van navorsing en bewaring, Ronald Heath, sê mense kan egter nie langer net staatmaak op aangewese bewaringsgebiede om bioverskeidenheid te beskerm nie, omdat dit elke grondeienaar se verantwoordelikheid is:
# En ten slotte: ‘n Entstof om chlamydia in Australië se koala-bevolking te behandel, is goedgekeur in die eerste projek van sy soort ter wêreld. Navorsers het die entstof ontwikkel om die buideldier te beskerm. Chlamydia is verantwoordelik vir die helfte van koala-sterftes in die land se wilde bevolkings, wat hoofsaaklik in die bloekomwoude langs die ooskus voorkom. Die wollerige diertjies is ‘n embleem van Australiese kultuur. Hulle is ook kwesbaar vir habitatverlies, aanvalle deur ander diere en word deur motors raakgery. Koalas is in 2022 tot kritiek-bedreig verklaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….