Eko-minuut 13:30
BULLETIN 10 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Bedryfsdeskundiges sê makelaars speel ‘n belangrike rol om Suid-Afrikaners te help met klimaatsverwante gevare. Lede van ‘n paneel het tydens Momentum Insure se webinaar die behoefte aan praktiese leiding, risiko-oordrag en opvoeding beklemtoon. Hulle waarsku klimaatsverandering toets tradisionele versekeringsmodelle en moedig aanpassing, vernuwing en sterker openbare-privaat vennootskappe aan. Kenners sê met die toename van uitermatige weersomstandighede kan die verhouding tussen makelaars en kliënte bewustheid en veerkragtigheid bevorder en verseker huishoudings en ondernemings is beter voorbereid op toekomstige klimaatskokke.
# AfriForum dring aan dat die Ouditeur-generaal en die Spesiale Ondersoekeenheid hul ondersoek na waterrade uitbrei sodat al sewe die land se waterrade ingesluit word. Dit volg na onlangse onthullings dat senior raadslede miljoene rand aan raadsfooie in hul sak steek − in sommige gevalle tot 100-duisend-rand per vergadering. Lambert de Klerk van AfriForum sê hierdie skaamtelose misbruik van staatsfondse is ‘n belediging vir elke gemeenskap wat nie skoon drinkwater het nie:
# En lande berei tans voor om hul nasionale klimaatbeloftes te wysig en kenners vra hulle om wesenlike teikens in te sluit om ontbossing te beëindig en woude te herstel. Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram kap die mensdom elke jaar tien-miljoen hektaar woude af, gelykstaande aan die grootte van Portugal. Tropiese gebiede stel elke jaar meer as 5,6-miljard ton kweekhuisgasse vry. Die program sê woude ondersteun nie net ryk bioverskeidenheid en voorsien menslike samelewings en ekonomieë nie, maar speel ook ‘n belangrike rol om die klimaat bestendig te maak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….