Eko-minuut 13:30
BULLETIN 9 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika se visbedryf het toegang gekry om vis en visprodukte van gelyste visserye tot ná Januarie na Amerika uit te voer. NOAA Fisheries se bepaling erken Suid-Afrika se regulatoriese program vir die beskerming van see-soogdiere se doeltreffendheid vergelyk goed met dié van Amerika. George sê die versekering van hierdie belangrike uitvoere is in ooreenstemming met die regering se mandaat om ‘n etiese en bevoegde staat te bou en inklusiewe ekonomiese groei te bevorder.
# Green Connection en Natural Justice het kommer uitgespreek oor TotalEnergies se voorstel om sewe nuwe olie-toetsgate in die Diepwater-Oranjekom-suid te boor. Dis sowat 211-kilometer aflandig van Saldanhabaai aan die Weskus. Green Connection se woordvoerder, Shahil Singh, sê indien dit goedgekeur word, sal tot drie-duisend-900 meter diep geboor word, wat die diepste olieboorgate nóg sal wees. Hy sê dit skep ongekende gevare vir see-ekostelsels en die voortbestaan van kusgemeenskappe:
# En die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê geskiedkundige vordering word gemaak met die omgewingsbeskerming van die metro se ontspanningsvleie. Die baggerwerk by Zeekoevlei is goed op dreef, asook die lewering van ‘n tweede onkruidverwyderingsmasjien vir Zandvlei, die derde gespesialiseerde voertuig van sy soort wat dié kwartaal afgelewer is. Hill-Lewis sê die vaartuie sal nie net die omgewingsgesondheid van die vleilande verbeter nie, maar ook waterweë skoonmaak om die vlei meer bevaarbaar en veiliger vir gemeenskappe te maak:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….