Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Kantoor vir Onafhanklike Kragverskaffers gaan sy reserwe-bod vir venster sewe van die onafhanklike kragprodusenteprogram vir hernubare energie bekendstel. Die reserwebod sal as rugsteun gebruik word om verdere vertragings te voorkom om vermoë by die netwerk te voeg. Die kantoor se regshoof, Lena Mangondo, sê die sewende bod-ronde bestaan uit drie-duisend-200 megawatt binnelandse windkrag en een-duisend-800 megawatt fotovoltaïese sonkrag. Sy sê die sperdatum vir aanbiedings is 30 April:
# Brandbestryders in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap spook om ‘n brand op Paarlberg in die Paarl te blus. Dit volg nadat brandspanne gister brande bokant Kalkbaai en Franschhoek in bedwang gebring het. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Jo-Anne Otto, sê die brand op Paarlberg brand buite beheer:
# UMngeni-uThukela Water sê die reën op plekke in KwaZulu-Natal het veroorsaak dat die water uit die Hazelmere-dam meer modder in het as gewoonlik. Die hoër vlak van modder het veroorsaak dat minder water aan sekere plekke gelewer kon word. Dit sluit in Verulam, La Mercy, Sea Tides en Ballito. Die woordvoerder van uMngeni-uThukela Water, Siyabonga Maphumulo, sê hulle moes daarom die water herhaaldelik filter en ontslik om die gehalte van drinkwater te haal:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….