Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uiters gevaarlike veldbrandtoestande sal voortduur in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng. Hy sê volgens hierdie toestande is die Brandgevaar-aanwyser bo 75. Die Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die warm, winderige toestande kan weghol-veldbrande veroorsaak en bestaande brande vererger:
# SAT-CARe, wat staan vir Southern African Trees for Climate Adaptation and Resilience, stel ‘n toeganklike instrument bekend wat riglyne verskaf oor die slim gebruik van inheemse bome in Suider-Afrika. Guy Midgley van die Universiteit Stellenbosch sê dié digitale instrument maak staat op data oor klimaat, grond en die omgewing, asook gedetailleerde spesie-kenmerke om beleidmakers, boere en stadsbeplanners te help bepaal watter inheemse Afrika-bome die beste keuse is vir herbebossing:
# En die Global Alliance for Sustainable Coal maan meer as 700 globale rolspelers in finansiering, belegging en regerings om steenkool regverdig en gelyk te befonds. Die wêreldwye aanvraag het verlede jaar ʼn nuwe hoogtepunt van sowat 8,8-miljard ton bereik, wat 1,5-persent hoër was as in 2023. FutureCoal se voorsitter, Mike Teke, sê al speel steenkool ʼn betekenisvolle rol, sluit baie beleids- en beleggingsraamwerke steenkool uit of behandel dit onregverdig. Hy sê steenkool kan nie uitgesluit word van beraadslaging oor billike energie-oordrag of wêreldwye groei en ekonomiese ontwikkeling nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….