Eko-minuut 13:30
BULLETIN 22 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Nuwe navorsingsverslag maan die Suid-Afrikaanse Reserwebank om ʼn buigsamer monetêre beleidsraamwerk te aanvaar wat klimaatsrisiko’s in ag neem. Die skrywers, Admire Chirume, James Hurungo en Brandon Chinoperekweyi, waarsku uiterste weerstoestande, droogtes, oorstromings en onderbrekings in voorsieningskettings kan vervaardigingskoste, inflasie en rentekoerse laat styg, wat groei en werksgeleenthede bedreig. Hulle beveel ingeligte klimaatbeleide, scenario’s wat druk toets en beleggings in veerkragtige infrastruktuur aan om die ekonomie teen toenemende omgewingsgevare te beskerm.
# ‘n Professor in Filosofie aan die Universiteit van die Witwatersrand, Lucy Allais, sê ryk lande het ‘n klimaatverpligting om energie-oordrag te finansier en die klimaatkrisis te temper. Afrika suid van die Sahara ontvang tans net vyf-persent van wêreldwye klimaatfinansiering vir oordrag soos hernubare energieprojekte en aanpassing by die gevolge van aardverwarming. Allais sê waar die welgestelde nasies die plig het om klimaaatverandering te verander, moet ontwikkelende lande nie vrygestel wees van die vermindering van vrystellings nie:
# En die JSE-genoteerde Reit Growthpoint Properties sal die eerste in Suid-Afrika wees om die gebruik van hernubare energie op bou-vlak te sertifiseer en hernubare energiesertifikate regstreeks aan huurders beskikbaar stel. Hulle sal saam met Fuel Switch ʼn blokketting-geaktiveerde groenenergie-projek aan huurders beskikbaar maak wanneer hulle e-CO2 groenenergie-projek in Oktober aktief word. Growthpoint se woordvoerder, Werner van Antwerpen, sê hulle sal aan tien kantoorgeboue in Sandton, Johannesburg, hidro-elektrisiteit voorsien wat van die Boston-hidro-elektrisiteitaanleg in die Lesotho Hoogland-waterskema kom:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….