Eko-minuut 13:30
BULLETIN 15 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# SANParke sê die Kruger-wildtuin se geliefde wit leeu, Casper, is veilig en in ‘n goeie toestand ondanks kommer oor sy gesondheid. Daar was gerugte dat Casper, wat in die omgewing om Satara rondloop, miltsiekte het of dat ‘n slang hom dalk gepik het. Reynold Thakhuli van SANParke sê Casper is opgespoor en ondersoek en die twee moontlikhede is uitgesluit. Hy het wel seerplekke bo sy regteroog en in sy bek wat dit laat lyk of ‘n ander leeu hom waarskynlik gebyt het:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê klimaatsverandering verhoog bedreigings, maar is ook ‘n geleentheid om regverdiger, sterker en veerkragtige samelewings te bou. Een van die ambisies van Suid-Afrika se G20-presidentsagenda is om klimaat-finansies te ontsluit. Die regering het verlede jaar die Klimaatsverandering-reaksiefonds gestig om die gevolge van aardverwarming teen te werk. Maesela Kekana van die departement sê klimaatoptrede is op alle fronte nodig: die bekamping van die gevolge, aanpassing en maatreëls om skade en verlies te hanteer.
# En die Internasionale Lugvervoervereniging het bevestig dat hy sy derde Wêreldvolhoubaarheidsimposium in Oktober in Hongkong gaan aanbied en daarop sal fokus om teen 2050 netto-nul koolstofuitstralings in lugvaart te bereik. Die geleentheid sal wêreldleiers in finansies, energie, beleid en lugvaart verenig om uitdagings aan te pak, insluitend volhoubare brandstofproduksie, om die oorgang na 82-duisend-miljard-rand te befonds, en die bevordering van die aanvaarding van skoon tegnologie. Die vereniging se direkteur-generaal, Willie Walsh, sê lugdienste is daartoe verbind, maar verdere optrede deu beleidmakers, vervaardigers en brandstofprodusente is nodig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….