Eko-minuut 13:30
BULLETIN 14 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# SANParke, in samewerking met die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, het begin met ‘n nuwe navorsingsprojek oor leeus in die Kgalagadi-oorgrenspark in die Noord-Kaap wat tot in Botswana strek. JP Louw van SANParke sê oor die volgende paar maande sal spanne inligting insamel met kameras, voetspore, waarnemings en ander nie-indringende metodes. Hy sê leeus het unieke eienskappe soos snorbaard-kolle en littekens wat sal help om hulle individueel te identifiseer:
# Die blomseisoen in die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap is in volle swang, met helder tapisserieë veldblomme ná ‘n uitstekende reënseisoen. SANParke sê mense moet die die Skilpad-kronkelroete van vyf-kilometer ervaar, met seldsame blomme soos die bittergousblom, Kaapse gousblom, madeliefies, vygies en moringablomme. Natuurliefhebbers kan ‘n asemrowende, kleurvolle ervaring in die hartjie van Namakwaland verwag. Die spitstyd is van middel Augustus tot middel September. Besoekers word aangeraai om op sonnige dae die roetes te verken om die beste vertoning van hierdie natuurskouspel te ervaar.
# En sommige inwoners van Alaska ontruim hulle huise terwyl water uit ‘n kom onstsnap wat deur die Mendenhall-gletser opgevang is. Daar word gevrees vir ’n gletser-uitbarstingsvloei wat huise in gevaar kan stel. Plaaslike amptenare het bevestig dat water uit die ysdam begin vloei en oorstromings word binne die volgende dae verwag. Gletser-uitbarstingsvloei gebeur wanneer ‘n meer van smeltende sneeu, ys en reen vinnig dreineer en kan vergelyk word met ‘n prop wat uit ‘n bad vol water getrek word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….