Eko-minuut 13:30
BULLETIN 7 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Plastics SA vra slimmer, bewysgebaseerde oplossings teen plastiekgebruik en nie ‘n oorkoepelende verbod nie terwyl druk wêreldwyd toeneem om dit te verminder. Suid-Afrika vervaardig byna 2,5-miljoen ton plastiek per jaar. Die land spog ook met die hoogste meganiese herwinningskoers in ontwikkelende lande, met meer as 28-persent plastiek wat plaaslik herwin word ná gebruik. Plastics SA se uitvoerende direkteur, Anton Hanekom, sê mense moet onder meer voorkeur gee aan verantwoordelike gebruik, sortering en verbeterde herwinningstelsels, en vernuwing in produkontwerp.
# Een van Afrika se ontwykendste en mees bedreigde voëlsoorte, die witvlerk-vleikuiken, is van die lys van mees bedreigde spesies in Suid-Afrika gehaal. Dit volg na aansienlike vordering om die biologie, broeigewoontes en habitatvoorkeure van hierdie geheimsinnige voël te verstaan. BirdLife South Africa se uitvoerende hoof, Mark Anderson, sê Ethiopië het net genoeg habitat om 55 broeipare te huisves, daarom speel Suid-Afrika ʼn belangrike rol om die witvlerkvleikuiken se uitsterwing te keer.
# En die Stad Kaapstad raai alle herwinnings-terugkoopsentrums aan om voor 31 Julie vir akkreditasie te registreer om boetes te vermy. Dit is ondernemings wat herwinbare materiaal van afvalversamelaars en herwinningsdiensverskaffers koop. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinningsentrums speel ‘n belangrike rol in Kaapstad se sirkulêre ekonomie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….